Welkom by Pienkvoet-Pret 2.0 Speelskool

Speelskole vir kleuters 2 – 5 jaar oud

Vind jou naaste speelskool

Vind uit of daar ‘n speelskool naby jou is

Open 'n Speelskool

Is jy die volgende Pienkvoet-Pret 2.0 Speelskool tannie?

Wat maak ons Pienkvoet-Pret 2.0 Speelskole so spesiaal?

Jou kleuter is spesiaal en ons weet presies hoe belangrik dit vir jou is om te weet dat jou kleinding in ‘n liefdevolle en veilige omgewing speel-speel kan leer en die wêreld kan ontdek. Ons loop ‘n pad saam met jou en jou kleuter om sy of haar God-gegewe gawes en potensiaal ten volle te bereik deur middel van ouderdomsgepaste aktiwiteite. Ons volg ‘n puik uitgewerkte kurrikulum en program.

By die Pienkvoet-Pret 2.0 Speelskole word daar baie individuele aandag aan elke kleuter gegee omdat ons slegs ‘n maksimum van 12 maatjies akkommodeer.

Ons waardes

Lees meer oor ons waardes

Wie is welkom?

Kleuters tussen 2-5 jaar

Speelskooltye

Maandae tot Vrydae
8:00 – 13:00
Opsies vir 3, 4 en 5 dae is beskikbaar

Hoekom ‘n
2.0 Speelskool?

10 Redes hoekom ‘n 2.0 Speelskool die regte keuse is vir jou kleuter

Vind meer uit